Young Lions en Tigers meet kragte op rugbyveld

Die Young Lions- en Tigers-rugbyspanne het kragte gemeet by die toernooi wat onlangs, op saterdag 16 Maart, op Nieuwoudtville deur die Proteas aangebied was. Die Lions het die Tigers met 8 – 3 in die finaal geklop.

Die Lions is nou die een span wat weet hoe om klaar te speel met die Tigers. Die beste voorspeler van die byeenkoms was Jacobus Fortuin wat vir die Lions speel. In die Lions se span is daar ses broers wat vir die span speel, maar tydens dié byeenkoms het slegs vyf vir die dag gespeel. In die Logan-toernooi sal al ses broers die span vul – en dié goeie gene is beslis geskiedenis in SA-rugby.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?