Vyfde Hantam MTB Challenge om na uit te sien

Op Saterdag, 27 April vind die vyfde  jaarlikse Hantam MTB challenge op Brandkorp by Nieuwoudtville plaas. Hierdie kompetisie is enig in sy soort in die area.

Daar word drie roetes aangebied: die gemaklike 20 km gesinsrit, die meer uitdagende 40 km roete en die 80 km roete wat gaan draai op die pragtige platorand en uitkyk oor die Knersvlakte.  Hierdie roetes bestaan almal uit enkel- en tweespoorpaaie en bied ’n uitdaging vir elke fiksheidsvlak.

Die MTB-dag is bekend as ’n uitstekende georganiseerde geleentheid, met professionele mediese dienste, bemande waterpunte en agterryers op elke roete. Deelnemers word bederf met gesogte geskenksakke met inskrywings en daar is lekker prysgeld te wen, asook heelwat gelukkige trekkings. Die bykomende King-of-the-Mountain Challenge asook die Cruiser-crusher Challenge tydens deelname gaan die koring van die kaf skei, met ’n verdere geleentheid om te wys wie is baas.

Vanjaar is daar ’n ‘chill-lounge’ op die terrein, vele kosstalletjies en ’n springkasteel vir die kleinspan. Voeg daarby gratis kampering vir die naweek, ’n informele stoordans met braaivleis-ete na afloop van die geleentheid en jy het ’n wenresep vir ’n plaas-wegbreek naweek.

Die Hantam MTB Challenge het homself oor die afgelope paar jaar bewys as ’n geleentheid wat nie net goeie blootstelling vir die dorp en area bied nie, maar ook ’n geleentheid vir die gemeenskap om besoekers van regoor die land te ontvang met ware plattelandse gasvryheid en ’n gevoel van samehorigheid.

Vir meer inligting, gaan volg ons op Facebook: Hantam MTB Challenge, of kontak Pieter of Elizna by 083 633 0669 of brandkop@hantam.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?