Verkiesing om die draai

Met plakkate oral in dorpe weet almal verseker van die verkiesing wat binnekort, op Woensdag,  8 Mei, plaasvind. Kiesers sal hul kruisies vir die nasionale en provinsiale verteenwoordigers moet maak.

Dit sal die sesde volledig-demokratiese verkiesing sedert die einde van apartheid in 1994 wees.

Partye is reeds hard besig om mekaar die stryd aan te sê om kiesers te oortuig om vir hulle te stem met plakkate wat orals teen lamppale pryk.

Dié dag is amptelik as ’n vakansiedag verklaar en President Cyril Ramaphosa het almal aangemoedig om hul stemreg uit te oefen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?