Trap fiets vir sending-fondse

Op Vrydag, 29 en Saterdag, 30 Maart, gaan deelnemers weer die kans kry om aan die jaarlikse fietstrap vir sending deel te neem. Dié roete strek tussen Calvinia en Strandfontein en het besienswaardighede deur dorpe soos Nieuwoudtville en Vanrhynsdorp. Vanjaar is daar deur die lede wat die sending reël besluit om nie die roete deur Klawer te beweeg nie.

Die eerste trap vir sending het in 2002 afgeskop toe die roete maar slegs oor ’n afstand van 164 km gestrek het. Vandag is die roete byna 200 km ver. Die trap vir sending is vir oud en jonk en almal word aangeraai om deel te neem aan die sending ter wille van fondsinsameling.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?