Tennislesse vir oud én jonk

Tennislesse word op Calvinia se dorpstennisbane aangebied en kinders so jonk as sewe kan reeds lesse ontvang.  Met tennis wat beskou word as ’n sport wat almal kan aanleer en geniet, is dit die ideale manier om die kinders fiks en gesond te hou.

Lesse word aangebied deur die kranige tennisspeler, Anne-marie van der Merwe, wat tot ’n paar jaar gelede nog gereeld aan wedstryde Wes-Kaap deelgeneem het.

Anne-marie se lesse bied verskeie tegnieke vir die kinders aan wat hulle altyd sal kan gebruik as hulle voortgaan met tennis – hetsy dit deur die skool of professioneel is.

Tydsduur van lesse is tussen ’n halfuur en ’n uur afhangende van die ouderdomsgroep. Daar is ook geleentheid vir deelnemers om teen mekaar te speel om sodoende aan verskillende speltegnieke blootgestel te word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?