TB-bewusmaking veldtog by Laerskool Hantam

TB is ’n baie algemene siekte wat by mense van alle ouderdomme voorkom, maar veral onder jonger kinders. Die begin van goeie bestuur van TB is die bewusmaking daarvan.

Laerskool Hantam het die inisiatief geneem om in te stem dat ’n spreker van die Calvinia-kliniek op Donderdag, 14 Maart met van die laerskoolleerders kom praat het. Die mikpunt was om leerders bewus te maak van hierdie gevaarlike siekte asook hoe om hulself te beveilig wanneer dit kom by TB.

Amanda Saaiers van die kliniek het die skool besoek en leerders ingelig oor wat presies TB is en hoe dit oorgedra word, asook al die gevare daarvan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?