Spesiale aanbieding op twee toere na Namibië

As jy nog altyd die wonders van die sonderlinge Namibië wou verken, is hierdie ’n geleentheid
wat jy nie deur jou vingers kan laat glip nie. Kom toer saam met Namakwa Toere deur Namibië
teen ’n baie spesiale prys. Hierdie twee spesiale toere bied die ervaring van ’n leeftyd sonder
om die bank te breek.

Van die plekke wat op die toer van 12 dae besoek word, is die Visrivier-canyon, Luderitz,
Kolmanskop, Sossusvlei en die Namib-Naukluft Nasionale Park, Duin 7, Walvisbaai, Etosha
Nasionale Park, Mariental en Keetmanshoop. Toergangers word aan die skouspelagtige prag
van duine-formasies en landskappe en die unieke plantegroei en diere van die Namib-woestyn
blootgestel. Langs die pad kan hulle ook die wilde perde van die Namib te siene kry. Maak
gereed vir ’n onvergeetlike toer deur ’n onvergeetlike land. Toer saam met Namakwa Toere om
dit alles te beleef.

Die spesiale toer sluit in 12 aande se luukse verblyf, geregistreerde toergidse, busvervoer en
sekere etes (sal aangedui word). Daar is ook baie opwindende aktiwiteite waaraan toergangers
(teen hulle eie onkoste) kan deelneem, soos ’n kameelrit, bootritte, visvang, motorfietsry, en nog
vele meer!

Hierdie spesiale aanbod vir beskikbaar vir slegs R26 000 per persoon. Let wel, hierdie prys is
slegs geldig vir persone wat ’n kamer deel. Ingesluit in die prys is ’n retoervliegkaartjie na
Windhoek van Johannesburg, Kaapstad of Durban. Die koste vir jou eerste aand se verblyf en
ete by Arebbusch Lodge in Windhoek is ook ingesluit.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie om die natuurskoon van Namibië saam met mede-
natuurliefhebbers te geniet nie.

Die datums en beskikbaarheid van toere is as volg:

● Toerverblyf van 15 Mei tot 27 Mei: 4 kamers beskikbaar (2 persone per kamer)
● Toerverblyf van 31 Mei tot 12 Junie: 3 kamers beskikbaar (2 persone per kamer)

Kontak Jenny Spies by hierdie nommer om te bespreek: +27 (0) 82 654 8877

Gaan kyk ook gerus na hul webtuiste vir meer inligting by www.namakwatoere.com en besoek
hulle ook op Facebook (@namakwatoere), Instagram (@namakwatoere) en Twitter
(@namkwatoeresa).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?