Nuwe hoogtes vir Calvinia-boorling

André Muller, boorling van Calvinia en tans ’n matriekleerling aan die Boland Landbouskool, bereik nuwe hoogtes met sy skietvernuf. André neem aan veldskiet deel en is ’n lid van die SA Jaggeweer Skietvereniging én ook ’n lid van die Boesmanland tak.

André het verlede naweek aan die Suid-Kaap ope deelgeneem en het  derde plek behaal. Die WP-span het die Suid-Kaap ope gewen. Die afgelope naweek was hulle in Philadelphia waar hy aan die WP ope deelgeneem het. Die WP-span het weereens die Suid-Kaap-span gewen.

André vertrek volgende week Namibië toe om daar deel te neem saam die Protea-span.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?