Noodhulpkursus vir Laerskool en Hoërskool Calvinia

Leerders sowel as onderwysers van Hoërskool en Laerskool Calvinia het op Maandag, 11 en Dinsdag, 12 Maart ’n noodhulpkursus bygewoon. Onderwysers het die kursus baie behulpsaam gevind aangesien meeste van die onderwysers sport by die skole aanbied en die kursus hulle toerus om veral noodgevalle op die sportvelde te hanteer.

Leerders wat by sportbyeenkomste help met die noodhulpstasie het ondervinding opgedoen oor hoe om met sportbeserings te werk. Aanbieders van die kursus het dit baie interessant gemaak, sodat almal dit ten volle kon geniet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?