Mathys Roets het gesorg vir groot vermaak op Calvinia

Op Maandag, 1 April, het die Karoo Shack, op Calvinia, hul heel eerste vertoning – vandat hul deure in 2018 geopen het – aangebied. Die Karoo Shack was eers die plaaslike kragsentrale wat elektrisiteit aan Calvinia voorsien het. Die kuierdam van die Karoo Shack was een van die opgaardamme wat water voorsien het vir die enjins wat in die stoor gestaan het.

Mathys Roets het hier kom kuier en dit was ’n reuse sukses. Konsertgangers het ook heerlik gesmul aan die kos – waarvan Karoo Shack se uieringe beslis ’n treffer onder besoekers is.

Tannie Rita Visagie het die gelukkige trekking gewen en daar sal ’n donasie aan Laerskool Calvinia gemaak word vanuit die fondse wat op dié aand gemaak is.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?