Maandelikse skietkompetisie aangebied

Aan die einde van elke maand word daar ’n skietkompetisie deur die skietklub van Calvinia aangebied. Deelnemers kom van orals om deel te neem aan ’n verskeidenheid kompetisies. Oud én jonk is welkom om deel te neem – en die kinders geniet dit omtrent as hul die grootmense oorwin.

Die volgende skietkompetisie sal op Saterdag, 6 April, wanneer dit die Chasa skietkompetisie is, plaasvind.

Daar is verskeie uitdagings wat die deelnemers moet oorkom om genoeg punte aan te teken om ’n prys te wen. Punte word regdeur die kompetisie aangeteken en aan die einde van die dag word die wenner tydens ’n prysuitdeling aangekondig. Op ’n bord in die gebou word die katalogus op datum gehou om presies te weet waar elke deelnemer op die katalogus lê.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?