Lyndans-klasse in Calvinia aangebied

Min mense is lief vir fisiese oefeninge, maar wil steeds iets doen om soepel en fiks te bly. Dans kan enige iemand – oud of jonk – fiks en soepel laat bly sonder die onnodige stremming op gewrigte.

Lyndans-klasse is veral die perfekte oplossing vir ligte oefening en word ook nou op Calvinia aangebied.

“Lyndans is ’n lekker sosiale geleentheid en boonop kry jy ook goeie oefening in. Dit bevorder ook hand-oog-koördinasie,” het Ella Burnett, instrukteur van die klasse, gesê.

“Ons dans op lekker country-musiek en die klasse is geskik vir alle ouderdomme, het sy verder bygevoeg.

Klasse word by die Tankwa Lodge, in Calvinia, aangebied teen R250 per maand en vind elke Maandag van 09:00 tot 15:00 plaas.

Vir enige verdere navrae kontak gerus vir Ella Burnett by 066 202 2928 (Whatsapp) of email haar by hello@ellaburnett.co.za.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?