Loeriesfontein een van die grootste windplase

Loeriesfontein is ’n klein dorpie in die Noord-Kaap en spog met een van Suid-Afrika se min windplase, Khobab Windplaas, wat 60km noord van dié dorp geleë is.

Die totale elektrisiteitopwekking van dié windplaas kan aan ongeveer 120 000 huishoudings elektrisiteit verskaf.

Die windturbines strek oor ’n afstand van ongeveer 3 453 hektaar – grotendeels ook omdat die turbines so groot is. Die turbines is 152m hoog met ’n radius van 19m.

Dié windplaas was in Desember 2017 voltooi en die Loeriesfontein-area was gekies omdat die winde met so ’n hoë intensiteit daar waai. Die krag wat hier opgewek word kan ook maklik by Eskom se kragsisteem ingeskakel word aangesien daar ’n sub-stasie by Loeriesfontein is.

Die hele projek om die 61 windturbines op te rig het meer as 18 maande geduur en meer as 1 000 kere se ry vanaf Port Elizabeth om die turbines af te lewer.

Teen ’n 100% dreef lewer die turbines ongeveer 563 500 MWh per jaar wat as totale “skoon” energie geklasifiseer word. Die eerste moderne wind turbine was in 1940, in Vermot, Noord-Amerika gebou.

Die turbines word gemaak van veselglas, polyester en ’n vesellaag wat die refleksie van die son uitskakel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?