Hoërskool Calvinia en Hoërskool Hantam vier spoggerige matriekafskeid

Die einde van die eerste skoolkwartaal het reeds aangebreek en die graad 12-leerders van Hoërskool Hantam op Dinsdag, 12 Maart en leerders van Hoërskool Calvinia op Donderdag, 14 Maart die geleentheid gekry om hul matriekafskeid by te woon. Die matriekafskeid is nou gehou sodat dit nie aan die einde van die jaar inmeng met die leerders se studies nie.

Die matrieks het geskitter in die mooiste uitrustings. Die onthaalsale is versier met die mees sprokiesagtigste versierings wat die gaste nóg meer voorberei het vir hul aand van glinster en glans. Mens moes goed kyk wie onderwyser en wie leerder was, want almal was van kop tot tone uitgevat.

Die aand was ’n groot sukses wat graad 12-leerders van beide skole nooit sal vergeet nie. Die skole bedank almal wat die aand moontlik gemaak het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?