Hantam se Hoërskool wil boekklub stig

Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur beoog om deur middel van uitreikingsprogramme die leerders aan hoërskole aan te moedig om boekklubs te begin. Dié progam was by Sutherland, Williston asook by die Hoërskool Hantam aangebied en daar word gehoop om die reeds bestaande 14 geregisteerde boekklubs deur die loop van die jaar te vermeerder na ’n totaal van 41 boekklubs.

Verskeie sprekers en lede van dié departement het die geleentheid bygewoon om leerders te vertel oor die belangrikheid van lees en die basiese vaardighede daarvan. Leerders aan die Hoërskool Hantam is opgewonde oor die boekklub en sommige leerders sien baie uit daarna om hulle passie vir lees te beoefen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?