Groot bederf vir Hoërskool Calvinia-meisies by die salon

’n Groep meisies van Hoërskool Calvinia het omtrent geskitter ná ’n heerlike dag by Salon Luzaan. Ronelle Nel het die program, Skitter, geskryf wat baie kwessies in meisies se lewens aanraak. In die eerste kwartaal het hulle bietjie gesels oor die eie ek – die liggaam. In ’n vorige sessie het Liz Heunis met hulle oor kwessie wat hulle aanraak gesels en twee vierde jaar studente mediese studente het met hulle gesels oor tienerswangerskappe en waarom dit so ’n groot uitdaging in die Noord-Kaap is.

Hulle het ook die mites rondom die swangerskappe bespreek asook die verskeidenheid voorbehoedmiddels wat beskikbaar is. Om die eerste kwartaal af te sluit was die dames bederf met ’n dag by die salon. Die meisies sien vreeslik uit na die tweede kwartaal waar hulle meer gaan fokus op persoonlikhede, talente en belangstellings.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?