Gholfdag gaan in die hartjie van die Hantam plaasvind

Calvinia en omgewing kan hulself solank gereed maak om op Saterdag, 1 Junie ’n gholfdag by die Calvinia Gholfklub te geniet. Dié dag is ten bate van Sorgvliet te huis vir bejaardes. Die eerste balle sal om 10:00 afslaan. Eerste prys is twee gemsbokke en tweede prys is vier springbokke. Koste is R250 per speler én dit sluit middagete in.

Na afloop van die dag word ’n dans, met Pieter Mohr, ten bate van die Laerskool Calvinia, aangebied. Kaartjies kos R150 per persoon en dit sluit ’n driegang-maaltyd in. Om te bespreek, skakel gerus 073 335 6126 / 061 817 5202 / 072 459 2100.

Diegene wat nie die dag kan bywoon nie, word nie heeltemal uitgesluit nie. Lootjies kan by Deon Brundyn gekoop word om die kans te staan om ’n bees te wen! Lootjies kos R200 en die trekking sal op 1 Junie plaasvind.

Kontak gerus vir Deon Brundyn by: 061 431 7673.

EFT-betalings is welkom:
ABSA CALVINIA GHOLFKLUB
405 206 7525
Verwysing: Naam + van + bees

Kom geniet ’n dag vol van pret en plesier in die hartjie van die Hantam.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?