Calvinia United-rugbyspan wys wie is baas

Alhoewel die Logan rugby-liga nog nie begin het nie, is daar alreeds ’n aanduiding van wie die gunstelinge gaan wees om as die Logan-kampioene gekroon te word. Gedurende Maart is daar ’n toernooi deur die Proteas, in Nieuwoudtville, aangebied en Calvinia United is as die kampioene van die dag gekroon.

Calvinia het sy eerste wedstryd klaar gespeel met die Lions en het hulle 8 – 7 geklop, in die tweede wedstryd klop Calvinia gemaklik die Ramblers met 38 – 0 en in die finaal klop hulle die Daisies van Concordia sonder moeite met 23 – 0. Calvinia is sonder enige twyfel die gunstelinge en is ook as die Logan se gunstelinge bekroon, want een ding is verseker die jaar is dit Calvinia United se jaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyHantam. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?